15 & 16 Aug 06 – SWELLENDAM
15 & 16 Aug 06
Dit is aand nou – aand van die 16de Aug. Ek sit met my verwarmertjie wat te salig bak in die karavaan en luister na die smeltende sneeu in die Oos Kaap, die nuwe sneeu in Suid – Natal en ek wil nie weet van die winde wat daai ysigheid oor die Transvaal waai nie!
Hierdie Swellendam is diep mooi – so ‘n ou, ou dorp met bree strate en groot bome. Ek het nie geweet dat dit die 3de oudste dorp in Suid Afrika is nie. Blykbaar was die ou Hollanders van die HOIC so bekommerd donkiejare terug oor die boere wat die Hottentots Holland berge oor getrek het na die Overberg area, dat hulle toe maar ‘n landdrosdistrik hier gestig het in 1745 met die Landdros op Swellendam. Gou het die Vryburgers g..vol vir die Landros en die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie geraak, gerebeleer en ‘n ene Hermanus Steyn aangestel as die President van die Swellendamse Republiek. Dit het egter nie lank gehou nie, want die Engelse het die Kaap ‘n paar maande later beset en … nou ja, die res van die storie is geskiedenis. Het intussen agtergekom waar is die plaas wat die Hermanus Steyn toe gebly het – sal more gaan soek. Pres MT Steyn is ook in daai huis gebore – ek dink hy was die kleinseun van die Hermanus Steyn. Interresant is dat Pres Reitz ook in daardie huis gebore is – die plaas het van hande gewissel – is in elk vandag ‘n 5 ster gastehuis.
Wou nog sê – ek is gisteroggend daar uit daai nat Kaapstad weg – die water het sulke poele in die karavaanpark gelê, maar die wolke het so stuk – stuk oopgetrek. Wou nog bly toe ek dit sien, maar geweet dit is net oeverblindery – net-sodra ek die karavaan afhak, trek daai wolke weer toe met die spoed van wit lig. Ek is toe daar weg so al langs Valsbaai se kus na die N2 toe. Daai reservaat daar langs Valsbaai (tusen die see en Mitchells Plain) – eintlik net so 3 duin diep, is oortrek met die varkore en vol in blom. Dit was so mooi, ek het amper nie daar weggekom nie.
Is toe Sir Lowry’s Pas uit – daai Scorpio trek ‘n hond uit ‘n bos. Ek het gewonder hoe sal hy trek, maar met die karavaan agter is ons in 4de rat en teen 70 km/h daar uit. Is toe so met die N2 langs – stop, stop soos ek mooi plekke sien, tot by Riviersonderend. (Het nie daai rivier gaan soek nie!) Het daar by ‘n koffieplek op die buitekant van die dorpie gestop vir ‘n koffie en hotdog. Daai plek se mure binne is groen, groen, soos in groen en letterlik honderde besoekers – baie oorsee, het daai mure volgeskryf. Ongelukkig het ek bestel voor ek die mure gelees het – blykbaar is die Apfelstrüdel (Appeltert) die in-ding om daar te eet. Maar die hotdog was ook lekker!
Maar ek wou nog sê van toe ek daar oor die berge kom en die Overberg lê so oop voor my – kompleet nes vanmelewe se lappieskomberse. Die groen van die koring, die vaal van die lande wat gewei word, die geel van die Canola lande – alles so inmekaargelas – lappie vir lappie met die berge wat die hele prentjie omsoom. En met die reen wat alles so skoongewas het en hier en daar so silwer strepe tussenin trek, was asemrowend! Daai karavaan het menigmaal gestop om plekke wat nie plekke is nie, sodat ek net weer kon kyk en kyk!
Gelukkig het my karavaan se wiele gehou – so net oor ‘n bultjie toe staan daar ‘n karavaan aan die ander kant van die pad – op pad na Kaapstad – met ‘n pap wiel. Die ou is besig om die wiel te ruil, en op die oomblik toe ek daar verbygaan, toe kom daar ‘n polisieman of spietkop of ‘n ding so van die selfde kant as daai karavaan. Hy sit daai vên so 3 ratte terug en gee vet asof daai karavaan op daai gevaarlike plek glad nie bestaan nie. Seker haastig gewees om ‘n hot spot langs die pad te dêps voor iemand anders dit vat.
So van die Sir Lowry’s pas gepraat – ek wou nog daar by die Rockview dam ingegaan het, maar was nie lus om daai draaie te ry met die karavaan nie. Daai dam is binne in die Palmiet reservaat en is blykbaar baie natuur-vriendelik gebou. Die dam is gebou om elektrisiteit op te wek dmv ‘n lae en hoë houer dam. Dan loop die water van die hoë na die lae dam deur die turbines tydens elektrisiteit spits tye en word weer teruggepomp buite spits tye. Die dam skakel ook in by Kaapstad se watertoevoer.
Hier het gisteraand redelik baie toeriste oorgebly in die karavaanpark – van Belgie en Duitsland. Het met die Belgiers gesels – hulle praat Vlaams en is, soos die ander, almal op pad na die Kaap. Dit moet skoolvakansie in Europa wees, want almal het hul kinders by hulle. Almal gaan Hermanus, Stellenbosch en daarna Kaapstad – wonder of almal deur die selfde reisagentskap bespreek?
Ek is vanoggend vroeg hier weg oor Bredasdorp op pad na L’ Agulhas, maar so op pad toe hoor ek op RSG daar is baie walvisse in Hermanus. Is toe ‘n redelike entjie verder, maar ek vat toe die pad tot daar by Napier en draai toe op die grondpaaie daar deur die berge oor Baardskeerdersbos na Gansbaai en Hermanus. Interresant hoe die terrein verander – van Swellendam tot daar by Napier is dit rollende heuwels beplant met koring en canola. Dan van Napier af is dit fynbos en plantasies en baie bergagtig tot net voor Gansbaai. Die deel van Gansbaai af is weer net fynbos. Iemand moes so ‘n jaar of twee terug baie moeg gewees het vir die baie fynbos – kyk, fynbos is fyn, maar te veel van die fynbos – (en daar is baie), kan mens moedeloos maak. Fynbos wat blom of mooi blare het is diep mooi, maar fynbos self lyk vir my alteveel soos ‘n swak versorgde agetrplaas. In elk geval, om terug te kom, daar was ‘n brand van Napier af oor al daai berge, verby Gansbaai tot daar by Hermanus se berge. Nou is daar bietjie asemhaalplek en dit loop mooi groen uit. Adriaan – ‘n Bolander, het my juis die anner dag gesê die fynbos moet na regte so elke 7 jaar vuur kry.
Was toe aan op Hermanus, maar soos die ander dag was dit mense wat in die wind oor die see gesit en tuur het met die walvisse wat in die verte sulke wolkies blaas, maar van naderkom, niks gesien! En daai wind was koud ! Ek is toe kus langs suid – deur Gansbaai, wat ‘n baie mooi dorpie is met redelik besighede, maar wat ook geweldig baie nuwe huise en uitbreidings aan sy westekant het – maar dit kan dalk Die Kelder wees, by Pearly Beach verby tot net skuins voor Die Dam. Die hele strook oos van Gansbaai is in der waarheid ‘n Natuur bewaringsarea so vir ‘n paar duine diep langs die see – dit sorg nogal vir ‘n mate van ongereptheid aan daardie deel van die kus. Hier groei weer heel anderste soort proteas, sulke pienkes en oranje. Net voor Die Dam is ek met ‘n grondpad die binneland in – verby Wolwengat daar na Renosterkop toe en deur na Hotagterklip.
Is name nie wonderlik nie? Ek ry so en dink aan al die beskrywende name wat ek raakloop in hierdie deel van die land – Baardskeerdersbos? Wie het baarde in daai bos vanmelewe se dae geskeer? En Hotagterklip? Het die waens wat transport gery het van die kus na die binneland altyd daar teen ‘n helling moes stop en ‘n klip gesoek op agter die wiel van die ossewa te sit? En die plaasname – Geluk, Tevrede, Dankbaarheid, en so gaan dit aan. Gedink by myself – dit moet darem diep lekker wees om op ‘n plaas met die naam van Dankbaarheid en Geluk te bly – die naam alleen sal sorg dat mens in elke dag daardie silwer randjie van die wolke soek.
Was laas by daai grondpad – dit is plat wêreld, platter as ‘n pannekoek! En met die reëns is die panne, vleie, paaie en die velde gelykvol met water. Dit is ook saaiwêreld, maar darem te plat! Veral as mens so uit die bergwêreld tussen Napier en Gansbaai kom.
Is toe daar deur Struisbaai na Kaap Agulhas, wat die mees suidelike punt van Afrika is – wonder wat is die mees noordelikste punt? Sal graag wil gaan kyk! Die wind het GEWAAI! Maar dit was alles die moeite werd – die omgewing is ru en mooi met die see so ‘n helder turkoois blou en die golwe ‘n spier – spierwit. ‘n Mens kan sommer so vir ure daar langs die see sit en aan niks dink nie – sommer so verdwaal raak in jou nietigheid – ek raak daai tyd so bewus van my kleingeit in die grootheid van die skepping.
Daar is darem twee mees suidelike restaurante – jammer, die een is die mees suidelike restaurant (sê so op die deur) en die ander is seker die mees suidelike eetplek – hulle staan langs mekaar, om die innerlike te versterk en ‘n koffietjie vir die koue te verskaf.
Terug met die teerpad na Bredasdorp, voel soos ‘n regte Transvaalse boeredorp met bakkies, graan, trekkers en kooperasie – net hulle praat meer Afrikaans hieronder! Vandaar weer met ‘n grondpad – eers mooi tot by Malgas, maar verder het die reën hom opgemaak. Pad gaan daar oor Ouplaas na Malgas toe – dis mooi, baie mooi. Die plat wereld gaan oor in sulke sagte golwings en dan word dit meer steil bulte met sulke mooi valleie. En steeds plant hulle koring, rog en canola – so ver as wat die oog kan sien! En skape – die hele Overberg is ryk aan skaap. By Malgas het ek verstaan dat mens nie haastig moet wees nie. Die pond – die enigste handaangedrewe een in Suid Afrika, was aan die anderkant van die Brede/Breë Rivier en die pas van gereedmaak om hierdie kant toe te kom is nie angswekkend vinnig nie. Maar as jy berus op ponte om oor riviere te gaan, dan moet jou rustigheidsvlak ook nie te laag wees nie! Het daar ‘n boer van die omgewing ontmoet, volgens hom is die pond altyd aan die ander kant van die rivier as wat jy is – klink logies! Wel, die oortog was vir my ‘n avontuur, nie vir die ander twee karre se mense nie, hulle is dit seker baie gewoond, en het my net sit en aankyk wat soos ‘n wafferse toeris fotos neem.
Baie later het ek honger en dors Swellendam ingestrompel – die dag was heerlik en ek weet nie hoe bêre mens so baie mooiheid in jou nie – sal hulle mooi wegpak om een - een weer uit te haal op ‘n dag as dit bietjie donker is.
Sjoe, dit was ‘n lang een – die volgende sal korter wees, ek beloof!

0 Comments:
Post a Comment
<< Home