17 & 18 Augustus 2006 – BONNIEVALE & RIVERSDAL

Al ooit gewonder oor familie? Daai deel van die mensdom wat jy bly is dat hulle nie vreemdes is nie, want dan wou jy helfte van hulle dalk nie geken het nie? Well, speel net …. Miskien! Ek het besluit om te gaan kyk waar ‘n groot deel van die Steyns se voorouers in die 1700’s gebly het – is nog nie seker of ek van hulle afstam nie, maar is naby genoeg. Soos ek nou-die-dag gese het, was een van vanmelewe se Steyns, Hermanus Steyn, vir ‘n kortstondige tydperk die President van die Swellendamse Republiek. Maar in daardie tyd was daar al die Steyns van Voorhuis, die Steyns van Kliprivier en nog ‘n deel of wat.

Ek het gisteroggend die Skerpioen se bullbar in die rigting van Bonnievale gedraai en op die spore van die familie se waens probeer terugry. Toe ek by die hoeveelste Kliprivier en Voorhuis van die hoeveelste Steyn aanry, het ek besef dat dit ‘n week of langer sal vat om dit ordentlik te doen. Was egter interresant om van die mense te ontmoet en met hulle te gesels – soos die mieliepryse ‘n duwweltjie in die skoen is op die Hoëveld, so is die canola pryse ‘n duwweltjie in die Overbergse skoen, maar duwweltjies – die kry jy oral!
So tussen die pragtige Langeberge se

Opgesteyn, is ek verder na Bonnievale toe waar ek by Tim Jan wyn en nog ‘n

So met die terugry Swellendam toe die middag, het ek weer die wonderlike natu


Die volgende oggend het ek rustig die karavaan gehak en net voor ek wou ry, toe kom daar ‘n karavaner en sy vrou (karavaan ook) wat 2 dae vantevore af is Agulhas toe, daar aan. Die wind het hulle tan blykbaar die vorige nag skoon weggewaai daar by Agulhas – hulle was nog redelik wit om die kiewe – en hulle het genoeg gehad van een nag se klou om op die bed te bly! Na diep simpatisering en nabetragting oor die weer vorentoe en die voor en nadele van verskeie dorpe kus af, is ek daar weg – Tergniet toe.


Op Riversdal is ek by Coralie aan by haar Eden Bed & Ontbyt en het baie lekker daar gekuier. Sy het ‘n baie mooi en gesellige B&B daar – en ek het al ‘n paar van hulle in my se omswerwings gesien! Na ‘n lekker middagete het hulle my Riversdal se Sleeping Beaty gaan wys – en ja, selfs ek, met my beperkte insig, kon die slapende skoonheid rustig op die berg sien lê. Die kleintjie aan die ander kant ook, maar daar moes ek bietjie dieper in die verbeelding delf.
Laat die middag het ek Mosselbaai verbygegaan. Ook nie meer vinnig daardeur nie, dit is deesdae ‘n groot dorp in sy eie reg met baie ontwikkelings en nywerhede. Daardeur, verby Hartenbos en afgedraai daar by Groot Brak Rivier – of soos hulle hierlangs sê, Great Brak River – hoekom dan nie maar Great Dog River nie? Engelse, Engelse, Engelse!! Vanmelewe al ‘n probleem – blykbaar niks verander nie!
‘n Koppie tee in die hand later het ek op Anton & Annemarie’hulle se stoep oor die see uitgekyk in Tergniet. Jy kan van Mosselbaai in die weste sien tot daar êrens oos langs die kus af. Die walvisse blaas en waai stert, maar kom met ‘n kamera nader – dan vreet hulle gras op die bodem! Ek gaan bietjie hier by Anton’hulle uitspan tot na die naweek voor ek weer die swerfpad verder vat.

0 Comments:
Post a Comment
<< Home